February 25, 2021

Hond en luiperd saam in badkamer vasgekeer

’n Hond en ’n luiperd wat hier saam in ’n badkamer toegesluit was, het opskudding onder mense veroorsaak.

INDIA. - ’n Hond en ’n luiperd wat hier saam in ’n badkamer toegesluit was, het opskudding onder mense veroorsaak.

INDIA. - ’n Hond en ’n luiperd wat hier saam in ’n badkamer toegesluit was, het opskudding onder mense veroorsaak. Foto: OdishaTV

INDIë. – ’n Hond en ’n luiperd wat hier saam in ’n badkamer toegesluit was, het ‘n opskudding onder mense veroorsaak.

Volgens Hindustan Times  het die hond die voorval oorleef nadat hy ure saam met ’n luiperd in ’n badkamer op ’n dorpie in Karnataka deurgebring het.

Volgens ’n plaaslike inwoner het die luiperd die hond gejaag en beide het in die badkamertjie ingegaan, waarna die inwoner die deur agter hulle toegemaak en gesluit het. Hulle was vir ongeveer ses ure toegesluit.

Owerhede is geskakel en in die poging om beide die diere te red, het die luiperd ontsnap.

’n Foto van die twee diere wat vasgekeer is in die badkamer is besig om soos ‘n veldbrand op sosiale media te versprei. Dit wys hoe die diere in twee hoeke van die klein badkamer sit.  Na bewering  is die foto van bo af geneem, nadat ’n opening in die badkamerplafon gemaak is.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: