Gestremde seun kry ’n rolstoel

Die gestremde seun (10) en sy gesin wat vir ’n aantal dae op straat gelewe het, kry tans baie ondersteuning vanaf die Kimberley-gemeenskap.

’n Anonieme skenker het vir die seun, wat liggaamlik gestremd is, ’n rolstoel geskenk.  Andries Botes en Beanca Botes van AB Elektries het aangebied om die opknappings en verstellings aan die rolstoel te betaal.  

Die gesin ontvang tans baie donasies van kos en het alreeds twee enkelbeddens en ’n dubbelbed ontvang.  Verder is die gesin op soek na ’n huur woonstel waarop hulle die deposito kan afbetaal.

Die seuntjie is te dankbaar vir sy “wiele” en die AB Elektries-span is besig om kussings vir die rolstoel te laat maak om sy liggaam te ondersteun, aangesien die rolstoel eintlik vir ’n volwassene bedoel is.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: