February 28, 2021

Suid-Afrikaners gaan gebuk onder inflasie

Suid-Afrikaners gaan gebuk onder die druk van inflasie, werkloosheid en salarisse wat nie opgaan het nie. Tydens die pandemie wat in Maart 2020 as gevolg van die koronavirus aangekondig is, het talle mense reeds hulle werk verloor.

Sommige mense moes tevrede wees om net halftyd, vir halwe salarisse te werk terwyl ander se salarisse vir die tydperk nie opgaan nie. Besighede moes mense afdank en talle besighede het onder die druk gevou.

Inflasie het egter nie in hierdie tydperk gestop nie, maar inteendeel het produkte soos kos, krag en brandstof eerder meer gestyg. Produkte en dienste wat nie opgegaan het nie, staar ook naderende inflasie in die oë.

FiND iT-lesers gesels oor hoe die situasie hulle beïnvloed

Lisa Ferreira sê: “Vir 5 jaar geen verhogings gekry nie. So die lewe raak al hoe duurder en mens moet vir alles duurder betaal, maar salaris bly dieselfde. Mens voel hulpeloos want mens kry nie alles gedek nie en moet maande biddend op mens se knieë bly en hoop mens kom deur.”

Theresia Grobler sê: “Glo my dis bitter moeilik. Voel of ek gaan verdrink. Als gaan net op en op. Debietorders en krag. Weet nie meer watter kant toe nie. Dis ’n R20 verhoging hier en ’n R30 verhoging daar. Op ou einde ’n paar R100 wat mense nie het nie.”

Anneke Kryger sê: “Salarisse bly nie noodwendig dieselfde in hierdie covid-tyd nie. Ons wat vir ons self werk se besighede is baie af. So ons verdien tans baie minder as in die verlede. Veral as mens in die vermaaklikheids- en onthaalbedryf is. Maar als kan opraak solank jou planne net nie opraak nie.”

Riana Viljoen sê: “Wees bly jul kry ’n salaris. Ons het ons werk verloor en kry geen inkomste of werk as gevolg van ouderdom. Ons ook altyd gekla ons word te min betaal as ons maar nou net ’n kwart van daai min kan kry.”

La Purr-Lueq Cattery Severiano sê: “Ons oorleef nie. Punt.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: