Ramaphosa dalk vanaand aan die woord oor verslapping van maatreëls

President Cyril Ramaphosa gaan dalk die week die land toespreek oor die verslapping van die alkoholverbod.

Dit volg nadat Ramaphosa Sondag aanlyn met die presidensiële Covid-19-koördineringskomitee en die nege provinsiale LUR’e vir gesondheid en rampbestuurrolspelers vergader het.

“Ek dink beslis sommige van hierdie maatreëls gaan verslap word. Daar is die afgelope tyd gepraat oor die verkoop van alkohol wat weer toegelaat moet word. Ek dink die kwessie oor die aandklok sal ook bespreek word. Die aandklokreël kan langer of korter gemaak word,” sê professor Dirk Kotze, ‘n politieke ontleder. Kotze sê die oopmaak van strande mag ook dalk bespreek word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: