‘n Motorongeluk het gistraand ‘n man se lewe gekos op die M2, na die motor gerol het.
ER24-paramedici het omstreeks 22:30 op die toneel opgedaag en ’n motor op sy dak in die linkerbaan gevind. Die liggaam van ’n man is in die voertuig gevind.
Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het talle noodlottige beserings opgedoen. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.
Die besonderhede rondom hierdie voorval is nog nie bekend nie.



