February 28, 2021

Hoe hou jy kontak met mede-gelowiges nou dat die kerke toe is?

Foto: Pixabay

As gevolg van die Covid-19-pandemie is alle plekke van geloof gesluit en Suid-Afrikaners word forseer om op hul eie aan maniere te dink om in hul geloofsbehoeftes te voorsien in die moeilike tyd.

Heidi van Rooyen sê hul kyk na kerkdienste Sondae oor Zoom. Elize Hanekom se predikant stuur Bybelverse na die gemeentelede.

Ina Botes sê sy en haar man kyk na Kruiskyk op You tube.

Chanel van Wyk sê sy dink die Here wil bietjie persoonlike tyd met sy kinders hê. “Die Here praat definitief met ons deur pastore en kerke, maar in moeilike tye word ’n mens se geloof getoets en dié is die tyd wat ons alleen kan wees en net na een stem luister.”

Hoop jy dat die kerke binnekort sal oopmaak of geniet jy dit ook om eerder alleen godsdiens te hou?  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: