‘Kinders vier jaar gelede deur bure verkrag’ – glo familie steeds

LIMPOPO. – ’n Familie van hier glo steeds hulle bure het in 2016 hulle twee kinders verkrag waarna die kinders glo gebad is om die voorval toe te smeer.

Volgens die polisie is daar geen bewyse van penetrasie in die saak wat tot Desember 2016 terugdateer nie. Die DNS-toetse van die buurman kon glo nie met die kinders verbind word nie. SABC-nuus sê ’n familielid gee die tydsverloop tussen die beweerde mishandeling en die mediese ondersoek skuld vir die negatiewe uitslae.

Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die saak gaan nie verder ondersoek word nie. Mojapelo sê die polisie het geen bewyse gevind wat daarop dui die kinders is verkrag nie. Hy sê verder daar was geen bewyse wat die buurman met die misdaad verbind nie.

Mojapelo sê die kinders het die wasbak waarin hulle glo gewas is na die beweerde verkragting uitgewys, maar hulle kon nie presies se wat met hulle gebeur het nie. Die polisie het die dossier vir beslissing geneem en die aanklaer het besluit om nie te vervolg nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: