February 28, 2021

Vrou spring met baba na hul dood

TENNESSEE. – ’n Ma (26) het met haar 21-maande oue baba oor ’n brug na hul dood gespring. Die ma het glo vroeër by ’n petrolstasie probeer om haar en haar baba se lewe te neem.

Volgens People Magazine het owerhede Maandagoggend omstreeks 00:30 ’n oproep ontvang van ’n vrou wat probeer om met haar motor in brandstoftenks vas te ry. Op pad na die toneel het die polisie nog ’n oproep ontvang van ’n inwoner oor die ma wat uit haar motor klim en na die brug beweeg het en verdwyn het.

Minute daarna het die polisie weer ’n oproep van ’n trokdrywer ontvang. Daar het iets groot en swaar op sy vragmotor geval toe hy onderdeur die brug beweeg.

Owerhede het die ma en baba se liggame op die toneel gevind. Hulle is net daar dood verklaar.

Foto: Canva

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: