Swangerskap en die Covid-19-pandemie

Foto: Schoeman

Joey Schoeman (26) en Gerhard Schoeman (31) is opgewonde oor die geboorte van hul eerste kind. Die dogtertjie sal op 8 Februarie met ’n keisersnit gebore word. Joey gesels met ons oor die impak wat Covid-19 op haar swangerskap het.

“Ons was maar bietjie skrikkerig om swanger te wees tydens die pandemie. ’n Mens weet nooit wat om te verwag nie; die president verander kort-kort die reëls en ons weet nie altyd of Gerhard by gaan kan wees met die geboorte nie.” Sy sê dis stresvol en ’n mens weet nie of jy dalk Covid-19 in die hospitaal gaan kry nie.

Joey werk al van begin Januarie af van die huis af om kontak met ander mense te vermy. Sy beplan ook om tot en met die dag voor haar dogtertjie se geboorte te werk. Sy en Gerhard laat ook nie tans mense by hul huis toe nie. “Dis basies soos selfisolasie, ons gaan net winkel toe indien dit nodig is.”

Gerhard en Joey het die besluit geneem om mense te video call nadat hul dogtertjie gearriveer het. “Dis net om seker te maak ons en sy word nie blootgestel aan Covid-19 nie.”

“Die maskers maak dit baie moeilik, ek is alreeds kortasem dan moet ek nog ’n masker in die hitte ook dra.” Joey sê sy wens sy kon meer kontak met ander mense hê en ’n normale babatee gehad het met al die speletjies en so, maar die virus het haar forseer om ’n drive-by-babatee te hê.  

Wat is die impak wat Covid-19 op jou swangerskap het?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: