Daniel Zaaiman by busstop gevind

PORT ELIZABETH. – Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Daniel Zaaiman (16) is deur speurders van die Kabega Park-polisie in ’n busdepot gevind.
Daniel is gevind nadat hy op 30 Januarie 2021 om 13:30 uit sy ouma se kombuis verdwyn het. Hy is ongedeerd gevind.