Kinders lewe week lank saam met voog se liggaam in huis

TEXAS. – Twee broers van vyf en sewe jaar oud het vir ’n week saam met hulle 71-jarige voog se liggaam in hulle huis gewoon nadat sy in die huis gesterf het.

Die twee seuns is ’n maand voor die voorval deur hulle voog aangeneem. Onderwysers van die seuns wat bewus was van hulle situasie, het bekommerd geraak toe die seuns vir ’n week lank nie skool toe is nie. Toe die voog nie in die hande gekry kon word nie, het die skool die polisie na die huis ontbied.

Hulleself gevoer en mekaar opgepas

Die seuns het in die week kos geëet wat in die kaste en yskas beskikbaar was en het na mekaar omgesien.

Volgens polisie wat op die toneel was, het die seuns gedink hulle voog het net haar bewussyn verloor. Hulle het nie besef sy is reeds dood nie.

Te bang om vir hulp te gaan soek

Die seuns het nie die wagwoord vir hulle voog se selfoon gehad nie en kon dus nie bel om hulp te vra nie. Die seuns het ook aan die polisie gesê hulle was te bang om by die huis uit te gaan, aangesien hulle geen van hulle bure ken nie.

Die kinders is weer onder die sorg van Kinderbeskermingsdienste geplaas.

Foto: Canva

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: