Daniel Zaaiman (16) verdwyn spoorloos

PORT ELIZABETH. – Daniel Zaaiman (16) van Kabega Park het op 30 Januarie 2021 om 13:30 middagete in sy ouma se kombuis gemaak voor hy spoorloos verdwyn het.

Veronica Zaaiman (71), die seun se ouma, was in die kamer en Daniel was in die kombuis besig. Sy ouma het later kombuis toe gegaan en Daniel was nêrens te vinde nie.

Veronica het dadelik na haar kleinseun begin soek. Sy het eerste in die rigting van die hoofweg, Kaapweg, gery. In Kaapweg het sy twee vrouens langs die pad sien staan. Hulle het vir haar gesê hulle het Daniel in ’n wit motor sien klim. Sy skooltas is ook vermis.

Hy het ’n kortbroek en ’n T-hemp aangehad. Volgens sy vriende het Daniel eenkeer gesê hy wil na sy ma in Vanderbijlpark in Gauteng toe gaan. Die polisie het sy ma gekontak, maar sy is nie bewus daarvan dat hy na haar toe wou kom nie.

Die Kabega Park-polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor waar Daniel kan wees om die polisiekantoor by 041 397 6802 te skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: