Jong entrepreneurs verstaan die stryd om hulle besigheid te begin met min of geen finansiële kapitaal.
Dit is glad nie maklik om ‘n onderneming te begin nie, maar die toenemende gewildheid van aanlyninkopies in Suid Afrika maak entrepreneurskap toegankliker, en ‘n onderneming met minimale kapitaal is ‘n moontlikheid.
Sodra jy die eerste stappe geneem het, is die volgende uitdaging om verkeer na jou webwerf en verkope te verhoog.
Daar is verskillende maniere om jou besigheid aanlyn te bemark. Hier is ‘n paar wenke wat jy kan gebruik om jou besigheid gratis te bemark.
1. Lys jou besigheid op Google My Business
Google My Business is noodsaaklik vir plaaslike ondernemings, en dit is ook ‘n gratis besigheidsnotering waarmee jou besigheid op Google Maps kan verskyn.
Jy sal kante se vertroue verdien, verkeer na jou webwerf verhoog en gratis Google-advertering kry.
2. Werk aan jou SEO
SEO is ‘n noodsaaklike deel van aanlynbemarking waarmee jou besigheid organies op Google-soekresultate kan verskyn.
Jou potensiële klante soek na die dienste of produkte wat jy aanbied, en jy wil op die eerste bladsy van die Google-soekresultate wees.
Jy sal nie onmiddellike resultate met SEO kry nie, want dit is ‘n geleidelike proses wat tyd neem om resultate op te lewer.
‘n Goeie beginpunt is om ‘n gratis webwerfoudit uit te voer wat vir jou die SEO-telling van jou webwerf sal gee en vir jou die faktore sal uitwys wat verbeter moet word.
Maak seker dat jou SEO-strategie die volgende belangrike punte dek: optimalisering van metadata, optimalisering van foto’s en gereelde werk op jou webwerf.
3. Begin ‘n blog
Waarom is blogging belangrik vir besighede? ‘n Besigheidsblog dra by tot organiese verkeer en bou ook jou profiel as ‘n leier in jou bedryf.
Plus, deur ‘n blog kan jy kontak maak met jou klante en oortuigende inhoud verskaf wat verband hou met jou produkte of dienste.
4. Raak sosiaal
Sosiale media is ‘n nuttige hulpmiddel vir ondernemings om kontak met hulle klante te maak en nuwe klante te kry.
Boonop is dit ‘n gratis bemarkingskanaal wat meetbare resultate het. Ontwikkel ‘n duidelike sosialemediastrategie wat tot jou handelsmerk spreek.
Jou sosialemediastrategie moet: duidelike teikens hê, jou teikengehoor ondersoek en innemende inhoud skep.
5. Gebruik mondelinge bemarking
Mondelinge bemarking is steeds die ruggraat van bemarking. In die era van die internet het dit ontwikkel om ander vorme van kommunikasie in te sluit, maar die konsep bly – vertel jou vriende of familie van ‘n goeie ervaring met ‘n handelsmerk.
Moedig jou klante aan om hulle ervaring met vriende en familie te deel en dit op hulle sosialemediabladsye te plaas.
Sit weer wat jou klante plaas op jou eie platforms, as ‘n manier om hulle aan te moedig om dit aan te hou doen en sosialemedia-inhoud en betrokkenheid te skep.
Bron: thesmallbusinesssite.co.za



