Man se liggaam glo ure na verdrinking in openbare swembad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Man (63) se liggaam is Saterdagmiddag omstreeks 14:00 uit die Karen Muir- openbare swembad gehaal.

Volgens ’n omstander, wat anoniem wil bly, was die man glo onder die invloed en het alreeds om 12:00 verdrink. Geen lewensredders was glo beskikbaar nie.

LEES OOK: Partytjie verander in nagmerrie

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die man is op die toneel dood verklaar. “Daar was omstanders, maar niemand wou ’n verklaring aflê nie.”

Die polisie is tans besig om die saak te ondersoek.