February 28, 2021

Pistorius dalk vinniger uit tronk as wat verwag is

Pistorius het in 2013 vir Steenkamp deur sy badkamer deurgeskiet en sê hy het gedog dis ’n dief wat ingebreek het. Pistorius is in 2016 vir ses jaar tronk toe gestuur vir strafbare manslag.

Pistorius het in 2013 vir Steenkamp deur sy badkamer deurgeskiet en sê hy het gedog dis ’n dief wat ingebreek het. Pistorius is in 2016 vir ses jaar tronk toe gestuur vir strafbare manslag. Foto: The Citizen

Dae voor die agtste herdenking van Reeva Steenkamp se dood het gerugte die rondte begin doen dat Oscar Pistorius, haar kêrel, wat ‘n vonnis aan die uitdien is nadat hy skuldig bevind is aan haar moord, moontlik vroeër uit die gevangenis sal kom as wat te wagte was.

Volgens The citizen lui die gerugte dat die eertydse Paralimpiese atleet slegs twee jaar agter tralies oor het voor hy in aanmerking vir parool sal kom.

Dit het oor die naweek bekend geraak dat Pistorius in Maart 2023 in aanmerking kan kom vir parool, nadat die appèlhof nie aanvanklik Pistorius se 500 dae wat hy in die tronk deurgebring het toe sy klag verander het van manslag na moord in ag geneem het nie. Dit is einde Desember administratief reggestel, alhoewel dit eers oor die naweek bekend geword het.

As die gerugte waar is, kan Pistorius 10 jaar nadat Reeva Steenkamp in Pistorius se huis in Tswane doodgeskiet is op parool vrygelaat word.

Pistorius het in 2013 vir Steenkamp deur sy badkamerdeur geskiet en aangevoor hy het gedog dis ’n dief wat ingebreek het. Pistorius is in 2016 vir ses jaar tronk toe gestuur vir strafbare manslag.

Later is die klag na moord verander en nog 13 jaar is by die tronkstraf gevoeg, nadat die staat gevra het vir ’n langer gevangenisstraf.

Lees meer artikels hier.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê daar is geen vasgestelde datum vir parool vir Pistorius nie.

Alle gevangenes in Suid-Afrika kom in aanmerking vir parooloorweging nadat hulle die minimum vonnis uitgedien het. Dit waarborg nie paroolplasing nie, maar is ‘n voorreg wat verdien moet word na aanleiding van ons voorskrifte en uiteindelik die gevangene se gereedheid vir sosiale herintegrasie.

“Onder geen omstandighede sal ’n gevangene se verwagte parooldatum met die publiek bespreek word nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: