Die liggame van drie werkers is gevind nadat ’n gedeelte van ’n 90 m skoorsteen Woensdag by die ArcelorMittal-aanleg ingetuimel het en op ’n beheerkamer waarin drie mense gewerk het, geval het.
Volgens SABC sê Kabelo Ramokhathali, Sedibeng-streeksekretaris van die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika (NUMSA): “Ons betuig ons medelye met die families en vriende van die oorledenes.”
Ramokhathali het bevestig dat dit net die drie mense is wat oorlede is en niemand anders is beseer nie. “Ons gaan ‘n intensiewe, deeglike ondersoek doen omdat ons baie dinge vermoed, maar vir eers kan ons nie bespiegel nie.”
ArcelorMittal sê ‘n volledige ondersoek sal ingestel word om die oorsaak van die voorval vas te stel.
Lees ook: Britse tiener word na lang koma wakker tydens Covid-19-pandemie



