KNYSNA. – Die polisie is op soek na George Sitole, ‘n Mosambiekse burger, wat hulle kan help met die ondersoek na ‘n moord wat op Sondag 7 Maart 2021 op Uniondaleweg, Knysna, plaasgevind het.
Polisie ondersoek moord
Sitole het kort ná hierdie voorval verdwyn en kon nie deur speurders opgespoor word nie. Op die dag van die voorval is die polsisie na Uniondale Road, Nekkies, ontbied. Met die polisie se aankoms het hulle die lyk van ‘n man, wat later as Lameck Mpande (35) geïdentifiseer is, gevind. Hy het ‘n steekwond aan sy bors gehad. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Enigiemand met inligting
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor waar Sitole hom dalk mag bevind, om die ondersoekbeampte, sers. Xolani Petros, by 044 302 6652 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
LEES OOK: Marc Buckner laat aanhangers wonder oor blonde meisie in foto
LEES OOK: Meteorietstukke word vir eerste keer in 30 jaar deur inwoners opgetel
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



