ENGELAND. – ‘n Inwoner het navorsers in kennis gestel nadat hy ‘n hoop verkoolde meteorietstukke in sy oprit opgemerk het. Dis die eerste keer in 30 jaar wat meteorietstukke in Engeland gevind is.
Die stukke wat opgetel is, is klein, albastergrootte deeltjies van meteoriete. Prof. Monica Grady beskryf hulle lyk soos gebreekte houtskoolbrikette. Hy sê aan BBC News dit is een van die mooiste dinge wat hy al ooit gesien het. Van die ongeveer 65 000 meteoriete wat wêreldwyd gesien word, het slegs 1 206 mense al gesien hoe dele van meteoriete die oppervlak van die aarde tref.
Meteorietstukke in oprit gevind
Wetenskaplikes doen ‘n beroep op mense in die plaaslike omgewing om waaksaam te wees. Hulle moet op die uitkyk wees vir klein, swart “klippies” of selfs ‘n hoop donker stof. Indien iemand iets opmerk, moet daar ‘n foto van die voorwerp geneem word. Daarna moet dit in foelie toegedraai word. Dit moet dan na wetenskaplikes geneem word vir ondersoek.
Duisende mense het op Sondag 28 Februarie berig oor ‘n brandende lig soos ‘n vuurbal wat in die lug te gesien was.. Die gebeurtenis is ook vasgelê is op die verskeidenheid spesiale kameras wat deur die UK Fireball Alliance (UKFAll) bestuur word.
LEES OOK: Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus





