GAUTENG. – ’n Man is Woensdagoggend om ongeveer 10:25 op die hoek van De Beer- en Stiemensstraat in Braamfontein doodgeskiet.
Lees ook: Twee vriendinne besef na sewe jaar hulle is susters
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê die verslae dui daarop dat die man geskiet is toe beamptes betogers uitmekaar probeer hou het.

“Toe Netcare 911 op die toneel aangekom het, het die man leweloos op die sypaadjie gelê. ’n Netcare 911-personeellid het die man ondersoek, maar hy het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.”



