NEW HAVEN. – Julia Tinetti en Cassandra Raquel Madison was vir sewe jaar beste vriendinne voordat hulle agtergekom het hulle is eintlik sussies.
Die twee het mekaar in 2013 by ‘n restaurant, waar hulle altwee gewerk het, ontmoet.
“Julia het die tatoe van die Dominikaanse republiek se vlag op my arm raakgesien en genoem dat sy ook van daar afkomstig is, maar dat sy opgegee is vir aanneming.”
Lees ook: Onnies wat draf langs die pad doodgery
“Ek het haar in haar net daar gestop en gesê dat ek ook van daar af aangeneem is.”
Dié twee het beste vriende geraak, gereeld dieselfde klere aangetrek, wonderlike tye saam gehad en selfs vir mense gesê hulle is “sussies”. Min het hulle geweet dat DNA-toetse byna sewe jaar later juis dit sou bevestig.
“Ek het my pa in 2021 gevra of hy nog ‘n baba opgegee het vir aanneming en hy het gesê ja. Ek het dadelik in my kar gespring en haar (Julia) gaan haal sodat ons toetse kan doen.”
Die uitslae het natuurlik getoon dat die beste vriendinne in werklikheid susters is.
“Dieselfde ma, dieselfde pa! Net twee meisies wat kollegas is en toe uitvind hulle is susters!”
Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag



