KIMBERLEY. – Oil Centre Kimberley het gister besluit tot hier toe en nie verder nie. Die besigheid, wat so 100 m van die Kenilworth-duikweg af geleë is, het hulle kragte ingespan om die duikweg weer rybaar te maak.
Henk Smith, eienaar van Oil Centre Kimberley, sê omdat baie van sy bakkies en lorries daagliks van die duikweg gebruik maak en dit baie sleg is om daardeur te ry, het hulle besluit om dit weer rybaar te maak.
Lees ook: Kby-inwoner maak self lekkasie reg
“Baie van die pype onder in die duikweg lek, so die probleem sal dus maar bly opkom,” sê Smith. “Ons gaan nou môre die sloot waardeur die water moet loop, bietjie oopgrou.”
Hou FiND iT dop om môre te sien hoe hulle vorder.
Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag



