Kby-inwoner maak self lekkasie reg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Eddie Ahlfeldt, ’n inwoner Van Broadway-weg in Kimberley, het  Saterdag besluit om nie langer op die munisipaliteit te wag nie, maar self die lekkasie voor sy ma se huis te herstel.

Eddie sê sy dogtertjie, Linè Ahlfeldt, het hom gehelp waar sy kon en sy ma, Kathleen Ahlfeldt, het vir hulle koeldrank aangedra. “As ek moet skat was dit seker vir so twee of drie weke wat die water hieruit gestroom het. Toe besluit ek net dis nou genoeg en maak dit sommer self reg.”

(Foto: Verskaf)

“Ek is so trots op hierdie jong man wat doodeenvoudig net die werk gedoen het en gesê het hy kan nie toesien dat derduisende liters water verlore gaan terwyl daar ’n krisis is en die water in strome die strate afvloei nie,” sê Ockie Fourie, DA-raadslid. “Ek gaan persoonlik sy hand gaan skud en hom bedank vir sy onbaatsugtige diens ten bate van die gemeenskap.”

Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma