Jonathan Normoyle het byna 40 000 volgelinge op TikTok ná ‘n video waarin hy sy skoongeskeerde gesig vir die eerste maal vir sy tweelingdogters wys.
Baie het kommentaar gelewer op die feit dat een van die sussies die ander een beskerm, ten spyte van die feit dat sy self bang is vir haar pa se vreemde voorkoms.
Lees ook: Meghan & Harry se onderhoud met Oprah: Rassisme en selfmoordgedagtes
Die tweeling sit eers doodrustig op die bank voor Jonathan na hulle toe aangeloop kom en vra: “Wat doen julle?”.
Hulle bekyk hom dan eers vir ‘n paar oomblikke voordat hulle begin huil.
Kyk die video hier.



