KWAZULU-NATAL. – Sers. Thamsanqa Mbedu, ’n polisiebeampte, was aan diens toe sy voertuig glo deur ’n ander voertuig geblokkeer is, waarna hy glo 27 keer deur ’n gewapende man geskiet is.
Kwazi Mshengu, waarnemende LUR, sê Mbedu het sy voertuig se blou ligte aangeskakel om die bestuurder van die motor wat hom glo vasparkeer het te vra om weg te beweeg. Volgens Mshengu het ’n onbekende persoon toe van agter die polisievoertuig uitgekom en met Mbedu gestry.
Die polisiebeampte is toe glo 27 keer deur die gewapende man geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: Mans in sakke toegedraai met hande en voete vasgebind, gevind
LEES OOK: Lesotho-vrou steel baba en gaan bly in Welkom, kry agt jaar tronkstraf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



