Mans in sakke toegedraai met hande en voete vasgebind, gevind

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Twee mans, afsonderlik 26 en 27, is die naweek in ’n huis in Eldorado Park, toegedraai in plastieksakke met hulle hande en voete vasgebind, gevind.

Mans in sakke toegedraai in huis

Brig Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die liggame was glo erg aangerand. Volgens ENCA-nuus is nog ’n liggaam, ’n dag voor dié voorval, in Klipspruit-Wes-begraafplaas gevind. Die polisie ondersoek nog die moontlikheid dat die twee voorvalle dalk met mekaar verband hou.

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die twee mans in Eldorado Park.

LEES OOK: EFF-lede vandag by Laerskool Danie Malan, sluit glo hekke met slotte

LEES OOK: Lesotho-vrou steel baba en gaan bly in Welkom, kry agt jaar tronkstraf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.