PRETORIA. – ’n Paar EFF-lede het vanoggend by Laerskool Danie Malan opgedaag en na bewering die hekke van die skool met slotte gesluit.
Boodskappe oor die EFF-lede wat by die skool opgedaag het, het vinnig op Facebook versprei.
“Die EFF is besig om Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord se hekke met kettings en slotte te sluit. Die Bittereinders is op pad,” het Devon Hofmeyr op sy Facebook-blad gesê.
“Die kinders het alreeds die baie stres op hulle oor al die Covid-reëls en werk wat agter is met laat begin van skooljaar en nou nog moet tuisbly oor die politieke onrus by skool,” lui nog ’n kommentaar.
Volgens Pretoria Fm, beweer ouers hulle kinders is by die skool weggewys, hoewel die skool hulle eerste keuse was toe hulle verlede jaar aanlyn aansoek gedoen het.
Hou FiND iT dop vir meer inligting.
LEES OOK: Lesotho-vrou steel baba en gaan bly in Welkom, kry agt jaar tronkstraf



