Lesotho-vrou steel baba en gaan bly in Welkom, kry agt jaar tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Lesotho-vrou (44) het ’n ma en haar ses weke oue baba by ’n hospitaal ontmoet waarna sy die baba gesteel het en na Welkom gevlug het.

Kapt. Christopher Mamoshebi Priscilla, polisiewoordvoerder, sê Mamoshebi Priscilla Morotolihe het die ma van die baba by ’n hospitaal ontmoet en vir haar gesê sy wil klere vir die baba gee. Volgens Singo het die ma toe die baba vir Morotolihe gegee om vas te hou terwyl sy ‘n winkel binnegegaan het.

Lesotho-vrou gevonnis

Die beskuldigde en haar baba was weg toe die ma by die winkel uitkom. Polisie in die Vrystaat het later agterdogtig geraak oor Morotolihe wat geen dokumente vir haar “kind” in Welkom het nie. Ondersoekbeamptes is genader en het Lesotho se departemente gekontak. Die ma van die kind het die baba as haar eie geïdentifiseer.

Morotolihe is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: SASSA waarsku oor Whatsapp-boodskap wat sê SASSA gee R3 500

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.