PRETORIA. – Twee seuns van onderskeidelik vier en sewe jaar oud het verlede Saterdag in ’n gruisgat by ’n padkonstruksieperseel in Mamelodi verdrink. ’n Onafhanklike senior advokaat is deur die Gautengse departement van paaie en vervoer aangestel om die voorval te ondersoek.
LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat ouers haar met kookwater brand
Verskeie bespiegelinge tussen inwoners is gemaak toe Tony Lawrence Moore (4) en Siyabonga Mabila (7) van die Kopanong- informele nedersetting in die gruisgat, waar bouwerk aan Solomon Mahlangurylaan langs die K54 gedoen word, verdrink het.
Jacob Mamabola, LUR van die departement van paaie en vervoer in Gauteng, het gevra mense moet eers wag vir die uitslag van die ondersoek voordat hulle gevaarlike bespiegelinge aanmoedig.
Lees meer artikels hier.



