JOHANNESBURG. – ’n Vragmotor en sy sleepwa is by ’n baie steil afdraand af toe die vragmotorbestuurder glo nie die vrag kon beheer nie. Die vragmotor het daarna teen drie voertuie gebots.
Vragmotorbestuurder in hegtenis geneem
Twee insittendes van ’n voertuig is ernstig beseer. “Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en nalatige bestuur, asook die vervoer van chroom sonder ’n permit,” sê Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, aan SABC-nuus.

Volgens Minnaar mag vragmotors swaarder as vyf ton nie hierdie pad gebruik nie. R500-boetes word glo uitgereik vir vragmotorbestuurders wat die reël oortree.
LEES OOK: AstraZeneca-inentings opgeskort na een persoon sterf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



