ZURICH. – Oostenryk het die AstraZeneca-inentings as voorsorgmaatreël opgeskort terwyl hulle die dood van een persoon en een persoon wat siek geword het, ondersoek.
’n Vrou (49) is dood as gevolg van ernstige stollingsversteurings, terwyl ’n vrou (35) ’n pulmonale embolisme opgedoen het. Albei is besig is om aan te te sterk, berig Reuters. ’n Pulmonale embolisme is ‘n akute longsiekte wat veroorsaak word deur ‘n losstaande bloedklont.
Volgens die Federale Kantoor vir Veiligheid in Gesondheidsorg is daar op die oomblik geen bewyse van ’n direkte verbintenis tussen die bogenoemde situasie en die AstraZeneca-inentings nie.
LEES OOK: ‘Dooie’ man word wakker voor nadoodse ondersoek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



