‘Dooie’ man word wakker voor nadoodse ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

INDIË. – ’n Man (27) het voor die nadoodse ondersoek begin wakker word, nadat hy deur ’n hospitaal dood verklaar is en van ‘n asemhalingsmasjien afgehaal is.

Man wakker geword op tafel

Die man was in ’n ernstige motorfietsongeluk en is in ’n kritieke toestand opgeneem. Hy was in ’n privaat hopsitaal toe die dokters hom van die asemhalingsmasjien afhaal en hom dood verklaar.

Hy is toe geneem vir ’n nadoodse ondersoek waar beamptes hom sien beweeg het. Hy is dadelik na nog ’n hospitaal geneem waar sy toestand glo al hoe beter word.

LEES OOK: 3 000 vals Covid-19-entstowwe gevind, dis glo net die begin

LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.