Drie groot aardbewings en tsoenami-waarskuwings vir NS

Deel hierdie storie / Share this story

Drie groot aardbewings en tsoenami-waarskuwings vir eilande van die suidelike Stille Oseaan het Nieu-Seelanders Vrydag uit die kusgebiede gedwing.

Die drie aardbewings van 7,3, 7,4 en 8,1 het vroeg vanoggend by die Kermadec-eilande voorgekom en tsoenami-waarskuwings is uitgestuur, maar net klein tsunamigolwe is gesien.

Lees ook: Ouma (105) sê ginrosyntjies het haar van Covid-19 gered

Die waarskuwings het groot verkeersophopings veroorsaak soos wat inwoners geskarrel het om op hoërliggende gebiede te kom.

Ná die naskokke van die aardbewing kon inwoners weer na hulle huise terugkeer, maar is aangeraai om die strande te vermy.

Daar is geen berigte van groot skade nie.

Lees ook: Hoe om jou avokado’s vinniger ryp te kry