Nege verskyn in hof na R53 miljoen se beweerde bedrog by munisipaliteit

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA- Nege verdagtes, tussen 23 en 60 jaar oud, verskyn vanoggend in die hof op aanklag van bedrog omdat hulle ’n munisipaliteit na bewering uit miljoene bedrieg het deur geld na verskillende rekeninge oor te betaal.

Die nege verdagtes is gister in hegtenis geneem. Daar word beweer R53 miljoen is in Desember 2019 van dié munisipaliteit gesteel nadat die stelsel glo gekaap is.

Nege verskyn in hof in Pretoria

“Kontant is glo na verskillende bankrekeninge oorgedra, insluitend dié van Ayakhula-handel. Die voormalige direkteure van die maatskappy, Sithole en Wegrostek, is onmiddellik in hegtenis geneem na die bedrieglike transaksie,” sê kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder.

Volgens Mogale word Ayakhula-handel ook betrek by soortgelyke bedrieglike optrede waar ’n JSE Trustee-rekening van ‘n beraamde R1 miljard deur die sakesindikaat geteiken is. Mogale sê verder danksy die Absa-bankier se vermoede van ongerymdhede is hierdie probleem opgelet.

“Hierdie nege mense sal aangekla word van bedrog en korrupsie. Hulle sal in die Pretoriase spesiale handelsmisdaadhof verskyn en hulle by Sithole en Wegrostek aansluit.”

LEES OOK: Vermoorde meisie se gees spook by man tot hy alles erken

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.