Vermoorde meisie se gees spook by man tot hy alles erken

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – ’n Man beweer sy vermoorde meisie se gees het by hom gespook, wat daartoe gelei het dat hy erken het hy het haar doodgemaak.

Collins Lucky Maduane (52) het sy vermoorde meisie se suster gebel en alles aan haar erken nadat die meisie glo by hom kom spook het. Dié moord het al 20 jaar gelede plaasgevind.

Vermoorde meisie se gees spook jare

In 1999 was die gemeenskap bekommerd oor Florah Mahlo (toe 25) toe hulle gilgeluide uit die woning waarin sy gebly het, gehoor het. Maduane was in die jaar 2000 weer agter tralies vir poging tot moord, by ’n ander saak, toe hy sy vermoorde meisie se suster gebel het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê Maduane het aan die suster verduidelik hy het sy meisie op die aand wat die gilgeluide gehoor is, verwurg. Volgens Mahanjana het hy daarna haar liggaam by ’n bos aan die brand gesteek.

Liggaam opgekap nadat hy haar verbrand

Haar liggaam het nie volledig uitgebrand nie en hy het die liggaam opgekap. Dele van haar liggaam is in ’n drein gegooi en nog dele is begrawe.

‘n Paar jare later het sy familie agtergekom hy is altyd aggressief. Hy het toe aan sy suster erken hy is nog altyd gestres oor die gees wat by hom spook nadat hy sy meisie vermoor het.

Nadat Maduane ook aan sy vermoorde meisie se ma vertel het van die moord is hy in hegtenis geneem.

Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: 3 000 vals Covid-19-entstowwe gevind, dis glo net die begin

LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.