KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ’n vragmotor in Emqangeni het beheer verloor, wat twee motoriste en ’n voetganger se lewe geëis het.
Shawn Herbst, Netcare911 se woordvoerder, sê ’n vragmotor het beheer verloor waarna dit teen ’n motor gebots het. Volgens Herbst het die vragmotor daarna ook ’n voetganger raakgery wat op slag dood is. Twee insittendes van die motor is ook oorlede.
Voor die vragmotor tot stilstand gekom het, het dit ’n gebou by die ingang van ’n skool getref.
“’n Man in die gebou het ernstige beserings opgedoen, maar is deur paramedici behandel. Die vragmotorbestuurder was ook ernstig beseer.”
Die bestuurder is per Netcare911-helikopter na ’n hospitaal geneem.
LEES OOK: 3 000 vals Covid-19-entstowwe gevind, dis glo net die begin
LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.







