Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

VERENIGDE STATE. – ’n Ma is in hegtenis geneem nadat sy haar seun (6) as vermis aangegee het nadat sy na bewering oor hom gery en hom daarna in ’n rivier gegooi het.

Luidens die hofregisters het Britney Gosney aan polisie-ondersoekers gesê sy het haar seun, James Robert Hutchinson, in ’n park probeer agterlaat. Hutchinson het toe probeer om weer in die motor te klim, waarna die ma na bewering weggejaag, oor hom gery en vir ’n ent met die motor gesleep het.

Ma in hegtenis na liggaam in rivier

NBC News berig die ma het daarna na die park teruggekeer en die seun se liggaam na baar huis geneem. Sy en haar kêrel (42) het die liggaam die volgende dag in ’n rivier gegooi voor sy Hutchinson as vermis by die polisie aangegee het.

Gosney en haar kêrel gaan op 8 Maart weer in die hof verskyn. Die ander twee kinders wat in haar sorg was, is verwyder.

LEES OOK: Verdagte uit polisievoertuig ontsnap, skiet homself na beweerde huisbraak

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.