JOHANNESBURG. – ’n Moordverdagte (31) wat vir ondervraging geneem moes word, het glo uit die polisievoertuig ontsnap, na bewering die beampte se vuurwapen geneem, waarna hy homself later tydens ’n beweerde huisbraak geskiet het.
LEES OOK: Bejaarde wat hout in bos gaan soek, vermis
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die verdagte wat uit die voertuig ontsnap het, is ’n moordverdagte na sy meisie in ’n plas bloed in ’n nedersetting in Dullstroom gevind is. Volgens Hlathi moes hy vir ondervraging geneem word. Dis toe dat hy deur die venster spring en glo ook die beampte se vuurwapen neem.
Die moordverdagte is dae later tydens ’n huisbraak gevind. Hlathi beweer hy moes deur ‘n venster geklim het om toegang tot die huis te kry. Daarna het hy homself in die huis geskiet.
Moordverdagte wat glo uit polisievoertuig ontsnap met misdade verbind
Hlathi sê met die polisie se aankoms het hulle die beweerde gesteelde vuurwapen langs die verdagte gekry. Die verdagte is na ’n hopsitaal geneem.
Volgens Hlathi het die polisie na verskeie ondersoeke die verdagte met die moord op sy vriendin, ’n roof, sowel as die aanval op ’n polisiebeampte en die diefstal van die dienspistool verbind.
Die verdagte, wat ook met die misdade verbind word, sal binnekort in die hof verskyn.
LEES OOK: Spur-burger – Suid-Afrikaners se aptyt hiervoor daal
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



