Wil jy maan toe? Hier is jou kans om ’n aansoekvorm te voltooi

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – Indien jy maan toe wil gaan, is hierdie die perfekte geleentheid vir jou. “Ek wil hê mense van verskillende agtergronde moet aansoek doen,” sê die Japannese miljardêr, Yusaku Maezawa, in ’n Twitter-video waar hy agt mense uitnooi om saam met hom op ‘n reis op Elon Musk se SpaceX-vlug om die maan te gaan.

Wil jy vir ’n week maan toe?

Saam met die inskrywing en video plaas hy ook ’n aansoekvorm wat jy moet invul indien jy belangstel. BCC News berig die rit sal gratis wees, alle onkostes word deur Maezawa gedek.

Die agt kaartjies is reeds in 2018 gekoop. Die reis wat vir 2023 beplan word, sal ’n week duur en gaan die eerste maanreis deur mense sedert 1972 wees.

LEES OOK: Maskers ruik soos vroulike privaatdele, verkoop vinnig

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.