LIMPOPO. – Die polisie op Vuwani is op soek na die vermiste bejaarde vrou, Alidzuli Phalanndwa (83), wat na bewering die huis verlaat het om hout in ‘n nabygeleë bos te gaan bymekaarmaak.
Die bejaarde se susterskind het begin bekommerd raak toe die ouma nie die aand omstreeks 18:00 huis toe kom nie. Sy het daarna na haar begin soek, maar sy het haar nie gevind nie.
Vermiste bejaarde
Sy het die saak by die polisie aangemeld en sonder sukses na die ouma by familielede en in omliggende gebiede gesoek. Phalanndwa het ’n blou-en-wit handdoek met geel strepe en blou tekkies op die dag van haar verdwyning aangehad.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die vermiste persoon op te spoor, moet speurkaptein Nyamande kontak by 0723573280 of die Crime Stop-nommer by 0860010111 bel.
LEES OOK: Verkragter sê aan slagoffer: ‘Ek kan nie alleen slaap, dis koud’
LEES OOK: Kleuter sluk battery in, sterf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



