POLOKWANE. – ’n Vrou (33) is vanoggend ernstig beseer toe haar voertuig op die N1-suid, ongeveer 20 km buite Polokwane, gerol het.
ER24-paramedici het omstreeks 07:48 op die toneel opgedaag en die motor aan die kant van die pad gevind. Die vrou was in die bestuurdersitplek.
LEES OOK: Ndlovu-jeugkoor leer gebaretaal vir Wêreldgehoordag
Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy verskeie ernstige beserings opgedoen het. Sy het in ’n kritieke toestand verkeer.
Die vrou is uit die voertuig gehaal en vir haar beserings behandel voordat sy na die intensiewesorgeenheid by Mediclinic Limpopo vervoer is.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.
Lees meer artikels hier.



