Spermskenkers: Man met Facebook-groepe is pa van 35 kinders

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – Kyle Gordy (29) het ongeveer vier jaar gelede twee private Facebook-groepe, Sperm Donation USA en Private Sperm Donors, begin vir mense wat van spermskenkers wil gebruik maak

Sky News berig Gordy beweer hy het minstens 35 kinders en nog ses babas is op pad. Die spermskenking gaan nie gepaard met betaling nie, maar hy vra dat die vrou of gesin wel sy reiskostes dek.

Spermskenkers op Facebook

Volgens Gory is spermbanke “koud” en “onpersoonlik”. Hy sê aan Sky News hy gebruik 90% van die tyd kunsmatige inseminasie, maar ander kere versoek vroue om dit op die “natuurlike” manier te doen.

Volgens Gory het die vraag na sperm tydens die pandemie gestyg. Sy twee groepe staan nou afsonderlik op 8 000 en 15 000 lede. Hy bestuur ook ’n webtuiste.

LEES OOK: Kleuter sluk battery in, sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.