Kleuter sluk battery in, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

TEXAS. – Reese Hamsmith, ‘n kleuter, is dood nadat sy ‘n klein battery ingesluk het. Sy het een en ‘n halwe maand operasies ondergaan en is geresussiteer, maar is nogtans oorlede. Trista Hamsmith, Reese se ma, wil ander ouers bewus maak van die gevare van klein batterye vir kinders.

Trista het haar kleuter dokter toe geneem omdat sy ewe skielik “verkouesimptome” gehad het. Die dokter het aan haar gesê Reese het vermoedelik ’n infeksie in haar boonste lugweg wat asemhaling moeilik maak.

Met kleuter na die hospitaal gejaag na sy klein battery insluk

’n Ruk na die voorval het die ma agtergekom die klein battery in die televisie se afstandbeheer is weg. Sy het dadelik besef wat gebeur het en het met klein Reese na die hospitaal gejaag. X-strale het bevestig Reese het die batery ingesluk en dit het ’n gat in haar slukderm veroorsaak.

Reese moes ’n noodoperasie ondergaan en is na ’n paar dae ontslaan.

Dinge het toe nie gegaan soos wat dit moes nie. Haar toestand het begin verswak. Reese is na ’n kort rukkie wéér opgeneem.

Suurstof en buisvoeding ontvang

“Ons het uitgevind dat daar ’n deurgang gevorm het. Daar het ’n gat in haar tragea en deur haar slukderm gebrand. Toe daardie tonnel gevorm het, het dit lug laat ingaan. Kos en drinkgoed het ook gegaan waar hulle nie moes nie,” vertel Reese se ma aan Today.

Reese het toe suurstof en buisvoeding ontvang. Dit het weer goed met Reese begin gaan. Hulle het haar selfs van die suurstofmasjien afgehaal.

Kleuter wat klein battery insluk se ma wil mense bewus maak

Na verskeie struikelblokke en een resussitasie is Reese oorlede. Reese het ‘n maand en ‘n half geleef vandat sy begin siek word het.

Reese se ma wil deur haar storie te versprei ouers bewus maak van die gevare wat klein batterye vir kleuters inhou.

LEES OOK: Te veel grimering? Kry mens so iets soos té veel grimering?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.