OOS-KAAP. – Die verkragter, Sandile Ntsomi (28), het ’n meisie (17) na sy huis gesleep waarna hy haar vertel het hy kan nie alleen slaap nie, want dit is koud en dit reën. Dis toe dat hy haar verskeie kere verkrag het.
Die slagoffer en haar kêrel het op die aand van die voorval in die straat geloop toe Ntsomi hulle nader en ’n mes voor hulle rondswaai. Ntsomi het die kêrel gedreig om weg te hardloop, anders sou hy hom doodmaak.
Verkragter was uit op borg
Hierna is die slagoffer na Ntsomi se huis gesleep. Hy het haar verskeie kere verkrag terwyl hy ’n mes teen haar keel gehou het.
Ntsomi het die slagoffer eers die volgende oggend omstreeks 05:00 vrygelaat. Die slagoffer het dadelik die verkragting by die polisie gaan aanmeld en Ntsomi is in hegtenis geneem.
Volgens Luxolo Tyali, polisiewoordvoerder, was Ntsomi uit op borg na ’n rooftogsaak waarin hy tot 12 jaar gevonnis is.
Al het Ntsomi onskuldig gepleit. is hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
LEES OOK: Tiener in hegtenis na hy glo agtjarige met handdoek mishandel
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



