KWAZULU-NATAL. – ’n Tienerseun (16) van Mehlomnyama is deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n agtjarige meisie met ’n handdoek, wat ernstige kneusplekke veroorsaak het, mishandel het.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer die Mehlomnyama-polisie het op 27 Februarie inligting ontvang oor ’n agtjarige kind wat mishandel is. Die polisie het na die Emabheleni-omgewing gegaan waar hulle die stiefma van die kind ontmoet het.
Tiener in hegtenis na beweerde mishandeling
Volgens Gwala het sy die polisie in kennis gestel dat die kind glo deur ’n ander kind met ’n handdoek aangerand is. Daarna het sy gesê sy sal die saak onder die kinders oplos.
Saterdag het die polisie foto’s van die mishandelde meisie op sosiale media gekry en ’n saak is deur die polisie goepen. Die seun is later in hegtenis geneem en weer in sy ouers se sorg vrygelaat.
Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Transgendervrou ondergaan plastiese chirurgie om soos ‘perfekte’ vrou te lyk
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



