ITALIë. – Fulvia Pellegrino (56), ’n transgendervrou, het $87 000 in 11 jaar bestee aan plastiese chirurgie, wat meer as 150 lip- en wangbeenvullers, vier borsinplantings, twee rondes liposuiging en minstens een prosedure om haar boude te lig, insluit.
Pellegrino sê sy wil soos die “perfekte” vrou lyk. Sy sê sy wil baie graag soos die pornografiese ster, Allanah Starr, lyk. “Plastiese chirurgie is nie verslawend nie, maar dit is iets wat iemand soos ek nodig het,” het Pellegrino aan New York Post gesê.
Mense lag in publiek vir transgendervrou
Marisa Altare, Pellegrino se vrou, het haar tydens die proses ten volle ondersteun. Volgens New York Post is die twee meer soos susters.
Pellegrino vertel verder die pad was nie altyd maklik nie. Mense wys glo vinger na haar in die publiek, praat oor haar en lag vir haar. Sy is daarom bly vir die ondersteuning wat sy vanaf Altare ontvang, nadat al haar vriende “verdwyn” het.

LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



