KRAAIFONTEIN. – Lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke), het die inhegtenisneming van ‘n 32-jarige verdagte in verband met die moord op twee polisielede in Kraaifontein, verwelkom.
Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is in Mandel-park, Khayelitsha, vasgetrek.
Verdagte in hof na inhegtenisneming
“Die twee beamptes, sers. Mnakwazo Mdoko (46) en konst. Mninawa Breakfast (28), is na bewering deur ’n groep verdagtes in ’n lokval gelei terwyl hulle op patrolliepligte in Phumlastraat, Bloekombos, was. Beide Mdoko en Breakfast is op die toneel dood verklaar en hul diensvuurwapens is in die vroeë oggendure van 28 Februarie 2021 gesteel,” sê die polisieverklaring.
Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof in Bluedowns op aanklag van moord. Die ondersoek duur voort en die polisie sê ander verdagtes mag moontlik nog aan die moorde gekoppel word.
LEES OOK: Ernstige allergiese reaksie na Johnson & Johnsons-entstof, een in hospitaal
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



