SUID-AFRIKA. – Johnson & Johnson het die naweek aangekondig die maatskappy het verslae ontvang van twee gesondheidswerkers wat ernstige allergiese reaksies gekry het nadat die Covid-19-entstof toegedien is.
Een van die twee gevalle was ’n geval van anafilakse – ‘n oordrewe allergiese reaksie. Macaya Douoguih, hoof van kliniese ontwikkeling en mediese aangeleenthede by die Johnson & Johnson Janssen Pharmaceutical-eenheid, sê geen ander gevalle soos bogenoemde is al aangemeld nie.
Twee kry ernstige allergiese reaksie
Popo Maja, woordvoerder van die nasionale departement van gesondheid, sê dit gaan wel goed met die twee gesondheidswerkers. Volgens Maja is die situasie goed en vinnig hanteer. Dit is nog nie bekend presies waar en wanneer die voorvalle gebeur het nie.
Maja lê klem daarop dat die risisko wat met die virus gepaard gaan, veel groter is as dié van ’n allergiese reaksie.
LEES OOK: Varkgriep breek uit in die Wes-Kaap, verskeie varke doodgemaak
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



