Varkgriep breek uit in die Wes-Kaap, verskeie varke doodgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het bevestig varkgriep het in die Wes-Kaap uitgebreek en het ’n boer gedwing om verskeie varke dood te maak.

Varkgriep op Mfuleni-plaas

Die siekte het die naweek op twee plase op Mfuleni, net buite Khayelitsha uitgebreek. ’n Verbod is intussen op die verkoop en vervoer van varke vanaf dié gebied ingestel.

Meld by veearts aan

Die presiese oorsprong van die uitbreking van die griep is nog onbekend, maar navorsers is besig om leidrade te volg en ’n studie van die virus te doen. Ander boere word aangemoedig om siektes en varke wat skielik doodgaan by veeartse aan te meld.

LEES OOK: Saamgetrek teen plaasaanvalle- en moorde, kyk foto’s hier

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.