PRETORIA. – Suid-Afrikaners, lede van Unite Against Farm Murders and Attacks en Petrus Sitho, aktivis teen plaasmoorde, het die naweek hier voor die Uniegebou saamgetrek om saam te staan teen plaasaanvalle- en moorde.
Saamgetrek voor Uniegebou
Bakkies, motors en motorfietse het Sateroggend voor Builders Warehouse bymekaargekom waarna hulle na die Uniegebou vertrek het. By die Uniegebou het al die mense Onse Vader gesing.
“Julle is die rede hoekom ons doen wat ons doen en ek is vandag trots op julle wat vandag as ’n eenheid saamgestaan het,” sê Kallie Roux, organiseerder.


LEES OOK: Skerp metaalvoorwerpe glo deur misdadigers op N4-snelweg geplaas
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.















