Lockdown: Nasie nou op vlak een

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa het vanaand in sy toespraak aan die nasie die land na vlak een toe geskuif. Die vlak sal later vanaand in werking tree sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Eerskomende Vrydag is dit presies een jaar vandat die eerste Covid-19-geval in Suid-Afrika aangemeld is. Een en ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners is reeds in hierdie tydperk met die virus besmet en 50 000 mense is reeds hier as gevolg van die virus oorlede.

Die ramptoestand word tot einde April verleng.

Verskeie entstowwe wat veilig is en die virus beveg, is reeds beskikbaar gemaak. Die inentingsprogram is reeds van stapel gestuur en 11 miljoen eenhede van die entstof is reeds in Suid-Afrika. Die inentingsproses gaan sover baie goed.

Hier is wat toegelaat word tydens vlak een:

  • Aandklokreël vir nou vanaf 24:00 tot 04:00.
  • Kerke mag weer oopmaak.
  • Maksimum van 100 mense mag ’n binnehuise byeenkoms bywoon
  • Maksimum van 250 vir buitelugbyeenkomste.
  • Geen partytjies in die nag.
  • Nagklubs bly toe.
  • Alkohol mag weer tydens normale handelsure verkoop word.
  • Geen alkohol mag na die aandklokreël verkoop word nie.
  • Maskers moet steeds gedra word.
  • Grense wat reeds gesluit is, bly gesluit.
  • Vyf internasionale lughawes bly oop.